Soos baie van julle weet het ons by Mei 2010 klubaand 'n baie groot rekenaar probleem ondervind wat veroorsaak het dat ons die byeenkoms moes afstel.
Na baie kopkrap en soek na die probleem blyk dit dat dit ontstaan het agv die auto update van die Java enjin na weergawe 20. Ons het teruggerol na 'n vorrige weergawe van Java en alles werk nou weer mooi.
Jammer vir almal wat in groot antisipasie gewag het vir hulle uitslae, hopelik gaan ons nooit weer so iets beleef nie.
Die beoordelaar het Donderdag aand bymekaar gekom en al die foto's beoordeel en die uitslae is nou beskikbaar.
Ek weet dat hierdie onderwerp seker nou al holrug gery is! Maar vir my gaan dit nog steeds dat die klubaande nie "te"laat klaar maak nie.
Voorstel: Kan ons op 'n manier net kommentaar ontvang op inskrywings van mense wat die aand DAAR is! Geen bywoning, Geen kommentaar!
Dis duidelik dat ons klub nou so groot is, dat die enigste manier om die aande korter te maak is om die aantal beelde per outeur te verminder, dan sal die kommentaar uiteraard ook minder wees.
Sprekers is welkom, maar moet tog asb net kort wees!








