top of page

Goue Meester  CV en galery

ACKERMANN, Ona

LPSSA, DPSSA

1

Alles het met voëls begin. As klein dogtertjie op ‘n plaas naby Fochville, het ek my verwonder aan die kroonkiewiete wat so territoriaal hulle lappie gras verdedig het, die opwinding as ‘n sekretarisvoël ‘n rinkhals vang, die geduld van ‘n bloureier by ‘n dammetjie en die mossies wat ons soggens vroeg wakker gemaak het. Ek het so gewens ek kon dit vasvang, maar tekentalent het my ontbreek

Musiek was egter my groot liefde en het my lewe redelik vol en besig gemaak. Die kamera het eers later gebeur.

Na voltooiing van my B.Mus, is ek getroud met my skoolliefde en hy is ‘n kranige voëlkyker. Ons verkykers kon vakansies net chirurgies van ons verwyder word!

Ek kry my eerste DSLR kamera in 2012 as ‘n verjaardaggeskenk by Anton. Dit was asof iets in my brein ontplof! Nou kon ek wat ons beleef en ervaar tydens ‘n vakansie, met soveel mense deel. Daardie een spesiale moment bly nie net in my brein nie, maar dit kan soveel ander mense ook plesier gee!

Ek het fotoboeke begin saamstel en ure se pret gehad. Neels en Louise Jackson nooi my in 2016 om by AFO aan te sluit. Daar ontdek ek die wonderwêreld van RAW, Lightroom en Photoshop.

Om voëls af te neem, bly nog steeds vir my ‘n groot vreugde en my foto-voëllys staan op meer as 300 spesies. Ek beywer my egter om so veelsydig as moontlik te wees.

Kosfotografie is benewens voëls, ook ‘n groot vreugde.

In 2023 het ek ‘n besigheid begin, Oranga Home Décor en my foto’s pryk nou op plekmatjies en tafellopers, asook op afdrukke vir kombuis dekor.

Al waaroor ek kla, is dat ‘n kamera en ‘n verkyker en ‘n driepoot nogal baie bagasie is vir iemand wat 1,61m kort is!

© Kopiereg op alle beelde
Add a Title
Add a Title
Add a Title
Add a Title
Add a Title
Add a Title
bottom of page